WebLogo2026V8

HOME     NEWS    WHAT TO DO

ACCOMMODATION     EAT OUT

HISTORY     SNIPPETS    KOUPOS

2026 ACTIVITIES

DANKFEES 2026 PROGRAM

Klipkopclan

Het julle al die nuwe toevoeging tot die Klipkopclan opgemerk?

Kyk hoe fyn is met die klippe gewerk om karakter aan die kunswerke te gee.

Klip Mense3

Johan Cilliers bring "lewe" aan die klippe op Merweville.
12 Desember 2025


 

NEW ACTIVITY LAUNCHED 28 NOVEMBER 2025

KV Fossil Trip

Kranskraal exclusive Day & Night trips, other trip


Whether it’s just the two of you stealing a romantic sunrise fossil walk, or the whole crew chasing jackals under the Milky Way, we’ve made it dead simple:
Fullbones (all the braai, platters, cold drinks & hamper goodies)
Barebones (pure wildlife & stars — bring your own snacks)
One click and you’ll see exactly what every option costs — no guessing.

Tap HERE for instant pricing OR visit www.karoovreugde.co.za for more information and other activities

“Ready for your private Karoo adventure?

Game View Vehicle

1 December 2025


 

10 Oktober 2025

Sakov Orrel 1

Sakov Orrel 2

Sakov Orrel 3

Sakov Orrel 4

 

Waar stilte sing…

by Redaksie | Monday, 28 July, 2025 | Augustus 2025, Jaargang 118, Nommer 4, Die Hervormer

NG Kerk Merweville
Merweville, geleë in die uitgestrekte Groot-Karoo, is ’n dorp wat met sy rustigheid en historiese atmosfeer die verbeelding aangryp. Hierdie klein, afgesonderde nedersetting in die Wes-Kaap lê sowat 150 km oos van Beaufort-Wes en is omring deur ’n landskap van golwende vlaktes, droë rivierlope en ’n eindelose horison.

Op 24 Januarie 1914 is die hoeksteen van die NG-kerkgebou in Merweville met groot eerbied en betekenis deur ds P van der Merwe gelê. Hierdie geleentheid was ’n mylpaal in die geskiedenis van die jong gemeente. Die 111-jarige Merweville-dankfees is vanjaar op buitengewone wyse met ’n pyporrelgeleentheid afgesluit wat lank in die geheue van die Karoo sal weerklink. In die historiese kerkgebou het ’n nuwe lied die lig gesien – nie net ’n musikale werk nie, maar ’n sielservaring wat lig werp op stilte, gemeenskap en die krag van insluiting. 

Prof Theo van Wyk van die Universiteit van Pretoria het op Merweville ’n splinternuwe orrelwerk Waar stilte sing vir die eerste keer uitgevoer. Die komposisie is opgedra aan die Transoranje Koor vir Dowes (Pretoria) wat ook tydens die geleentheid opgetree het. Dit bou ’n baanbrekende brug tussen klank en stilte en is só gekomponeer dat selfs mense wat nie kan hoor nie die trillings van die musiek in hul liggame kan ervaar. Hierdie beweging van orrelpype en vibrasies dra ’n boodskap. Musiek word nie slegs gehoor nie, maar kan ook gevoel word – in die liggaam, in die ruimte en in die siel. 

Die lirieke van hierdie werk is deur mnr Rudi van Wyk, orrelis van Gemeente Sionspoort, geskryf. Hy was ook die koördineerder van die besondere program. Die lirieke roep die beeld op van die Karoo se stilte wat nie leeg is nie, maar vol herinnering, stof en lig. Waar stilte sing is ’n lied wat jou uitnooi om te luister – nie net met die ore nie, maar met die hart. Dit is eenvoudig genoeg om saam te sing en diep genoeg om in jou te bly eggo lank ná die laaste noot weggesterf het. Dit kan reeds in die eerste strofe van die werk gehoor word: 

Onder sterre wat oor stofland hang,
waar die wind deur droë bossies gaan,
daar sing die stilte, wyd en vry –
’n ou Karoolied, diep in my, maar ook vir jou!
Die lewe is hard, en soms bitter moeilik.
Maar ’n lied bly draal in elke skemerverhaal.
Dit bring weer vaste hoop!
Dit bring genesing, vir elke siel wat verdwaal.

Refrein:
Waar stilte sing, in die Karoo se nag,
waar die maan oor klippe stadig kan lag,
tussen vlaktes en bome, onder sterrekoepels wat skyn, bring selfs die wind, sy eie verhaal.
Waar die stilte begin.

NG Kerk Merweville Binne
Om die oorsproknklike artikel te lees en af te laai Kliek Hier

CONTACT US     POPIA     WEBMASTER