SONG FOR THE KAROO

Where the dust settles on my skin - Where the wind calls my name,
Where my heart beats to every footfall - Where the open road spills into the sky above - Where the grassy plains wave
Where the mountain looms at the end of the road
Where my soul aches to live and yearns to lie down and die
Where the windmills crank their weary song - Where the stars flash morse code from life far away in the universe
Where camels blink in the moonlight and horses fly on dreams
Where roads lead everywhere and nowhere
Where people’s faces are etched with the winds of change
Where magic and mystery walk hand in hand down valley roads, glancing over their shoulders, beckoning me with secretive glances
Where sacred ibises are hurled against the majesty of the blue sky
Where hadedas call the night - Where dusty dogs run free in streets of gold
Where owls know me by name - Where I learned to fly for the first time
Where wise men seek the light - Where each step is a dance of karoo magic
Where the spaces in between are filled by heaven - Where the earth is mine
Where my soul finds its rest - Where peace is in every breath
Where I inhale and know I’ve come home.
Helen Lockhart 

MERWEVILLE KOM LEEF ONS DORPIE RAAK

Kom leef ons dorpie raak
Ervaar die stilte van die Karoo
Geniet die kos en mense
Kom kuier lank om 'n lekker karoo vuur

Wat kan julle alles doen in MERWEVILLE?
Ja kom loer in!
Kyk ons mooi kerk, NG Kerk Merweville.
En klim die kerk toring en sien ons dorpie uit n ander hoek.
Bestel by Alta van Eden - Mooi Droom Bakkery se heerlike Koeksisters, Skuinskoek, Vrugtekoeke en heerlik borde kosse en bederf pakkie.
Gaan loer in by Madelein en Gary se pragtige winkeltjie, The Little Shoppe
Eet 'n roomys by Belia van Muller Handelaars en sit op die stoep en loer wie almal vir jul waai in die hoofstraat.
Ry in Kallie se geel karretjie.
Koop ietsie by Merweville Mall en kyk wat ons alles in die Mall het. Gaan eet middagete by Die Boekklub en drink die lekkerste Koffie Milkshake met heerlike kosse.
Koop 'n skaaptjoppie en die lekkerste vleise by Douvoordag Slagtery.
Kry hardeware en diesel by Thea se Victors Garage.
Ons het Lenor se kunsgallery.
Bespreek by Kobus van KarooVreugde, hy vat mense na mooi plekkies vir n piekniek of koffie.
Dan kom kyk en proe, en sien hoe maak Marian die nougat by KarooBlessings, Jesus se Sweets Fabriek. Gaan luister na die groot storie - die Storie van Hoop.
Vrydag en Saterdag verkoop Izak en Ronel die heerlikste Roosterkoeke.
Natuurlik is daar Karoo Aquaponics - waar mens n toer deur die besonderse plek kan neem en daar is tot n heerlike eetplekkie met altyd n vars slaai uit hul tuine.

Dan het Merweville 'n hele paar oulike gastehuise en heelwat ander hoekies om te verken.

Kom Leef Merweville Raak
Ons het baie ekstra goed om te sien
Die kosbaarste mense en die mooiste sonsondergange
Mens kan sommer in die straat lê en kyk na die sterre
In en om ons dorpie is baie plekke vir slaap en verken
Ry plase om en kyk wat die boere en hul vroutjies aanvang

Hier leef mens nader aan die natuur en mens sien die voëltjies tot diere en klein plantjies. Hier kan mens die reën ruik aankom. Hier geniet mens die koelte van enige boom en bak in die karoo son. Hier proe en ruik mens hoe die Karoo praat.

Kom beleef Merweville!!!!
Die Klein Dorpie met die Groot ❤
Suzaan Theron – Merweville2025

HAVE YOU SPOTTED THESE IN TOWN?

 
RINKINKIE

Rinkinkie3
Once a year during the Dankfees at the end of April, we are privileged to be visited by one of Cape Town’s well known socialites, Rinkinkie and her daughter Blapsie. She is a bit intimidated by the N1 traffic so this year, 2025, they arrived at Prins Albert Road by luxury bus. One of the town residents picked them up and for the duration of her visit she resided at a friends home in town. This is also where they relax on their bench, watching the passersby. They love posing for a photo shoot, so don’t hesitate to walk in, and pose with her and her daughter on the bench.

 GRAVES

GraftesC
Many a visitor has probably raised an eyebrow and frowned at seeing the two gravestones in a property in town. Surely that is not permitted. But wait, maybe there are pets buried here. Do yourself a favour and take a step closer. All is not what it seems!

KLIPKOPCLAN

KlipKopClan

AS DIE KLIPPE DIT UITROEP
Die Karoo is bekend vir sy stilte, sterre, koppies – en klippe.
Klippe – veral Karooklippe – is kunswerke. Party van hulle het selfs gesigte, met monde – wat met jou praat. As jy net wil luister.
Dit het ek opnuut ontdek toe ek anders begin kyk, en veral luister het na die stemme van die klippe – waarvan daar baie is – op ons erf in Merweville, geleë in die hart van die Koup-Karoo.
Die gevolg was dat die Klipkopclan – figure uit klippe, staal en draad gebou – wat elkeen ʼn menslike emosie en/of ervaring uitdruk, hulle verskyning begin maak het.
Die groot een in die middel se sweiswerk is deur my vriend, Herman Burger gedoen, en daarom is hierdie figuur se naam Staal Burger. Hy kyk op na die hemel. Party Merweliete reken hy is ʼn son-aanbidder, of ʼn sterrekyker. Hy kyk na bo, met verwondering oor die grootsheid van die kosmos– iets wat mens veral in die Karoo kan doen. Of, is hy dalk besig om te kla – soos in die klaagpsalms: Here, hoe lank nog? Hierdie droogte (wat tot onlangs 8 jaar geduur het), is te veel vir enige mens om te verduur. Daarom staan ek maar met my geopende hande, wagtend op die strome van seën van Bo.
Staal Burger het egter nie te lank so alleen daar in die oopte, tussen die Karoobossies gestaan nie. Hy het eensaam begin voel, en toe maak die res van die klipkopclan een vir een hulle verskyning.
Die figuur links van Staal Burger se naam is Hansie Hallo, en hy doen maar net wat alle Merweliete doen – hy groet almal wat verbykom. Hy is vriendelik teenoor, en namens, al wat leef en beef. Hy het egter besluit om te gaan sit. Om almal so te groet is tog harde werk, en ʼn mens kan ook net so lank bly staan. ʼn Man is mos darem ook nie ʼn klip nie.
Die figuur links van Hansie Hallo is duidelik moedeloos. Sy naam is Owee… Hy sit met sy hande in sy klipkophare. Hy weet nie hoe verder nie. Hy is aan die einde van sy kragte. Diep depressief. Owee, Owee.
Die ou aan die regterkant van Staal Burger het besluit om die lewe nie so ernstig op te neem nie. Van sit en staan is lê tog die lekkerste – veral hier op die kale vlakte. Daarom is sy naam Lekkeslaap, en nee, dis nie ʼn advertensie vir oornag verblyf nie. Hy dut maar net ʼn bietjie in, salig in die rus van die eeue gesus.
Die outjie heel links se naam is Ogies, en die outjie heel regs op die fietsie is Faniefietsie...
Welkom in die Karoo. As die mense stilbly, sal die klippe dit uitroep.
Johan Cilliers

MECHANIC'S DREAM

VW
OuKar
Perfect challenge for a good salesman to try and sell.  Low milage, only one previous owner and full service history.
In the Karoo the quick fix would be a roll of wire and a strip of old tractor tube.  Modern day would call for a roll or two of duct tape, and it is ready to go.

LIMO OF YESTERYEAR

1870Wa
1870 Model that belonged to Willem Cornelius le Roux, the grandfather of Kallie le Roux.
The information is still clearly visible on the "ID" plate affixed to the wagon.

GO SLOW IN TOWN

SpoedBord
One resident is so concerned about speeding, he has a speed limit of 30mph on his property!

DIE GEEL STOEL

KarooKoppieStoel
Vanuit hulle helder geel stoel hou Karools (die lui een), Kerneels en Katriena die straat se bewegings dop.
Hulle is ook lief vir n kamera so stap gerus in en gaan neem n foto saam met hulle.
Die stoel se sitplek is 2.1m en die ruglening 4.4m hoog.

BOOGSKIET
KarooVreugdeBoogskiet2

Dit moet iets in die water wees, 3.5m Pyl en Boog!